JAARVERSLAG VAN DIE VOORSITTER: WES-KAAPSE VERENIGING VIR SPELTERAPIE
OKTOBER 2008 – OKTOBER 2009
INLEIDING
Die doelstelling van die Wes-Kaapse Vereniging vir Spelterapie is om 'n professionele liggaam daar te stel vir spelterapeute en ander persone in die Wes-Kaap wat betrokke is by die dienslewering aan kinders en hul gesinne.
Die doel van die verslag is om 'n opsomming te gee van die jaar se werksaamhede en te evalueer in watter mate daar aan die volgende doelwitte aandag gegee is:
- Professionele ondersteuning aan lede
- Die uitbou en ontwikkeling van diensleweringsvaardighede
- Die daarstelling van interdissiplinêre skakeling
- Die daarstelling van leergeleenthede deur onder meer die aanbieding van studiegroepe en die bekendmaking van kursusse
- Geleenthede tot onderlinge sosiale skakeling
Die Bestuur van die afgelope jaar was:
| Voorsitter |
Dr M Dunn |
| Ondervoorsitter |
Me H van Niekerk |
| Sekretaresse |
Me E Cronjé |
| Tesourier |
Me M van Zyl |
| Addisionele Lid |
Me K van Eden |
ACTIVITIES DURING 2009
The following activities were hosted by the Western Cape Association for Play Therapy during 2009:
STUDY GROUPS
12 February 2009
Topic: Adolescents: Dealing with Challenging Behavior, from a Psychiatric Perspective
Guest
peaker: Dr C Seller
Dr Cathlene Seller is a Psychiatrist and acting Departmental Head of the Child and Adolescent Unit at Tygerberg Hospital. She has been actively involved in the field of child and adolescent psychiatry for various years. She is involved in the training of pre- and postgraduate medical students, she does training on a regular basis and provides supervision. Dr Seller presented a practical presentation on the adolescent – she focused on the dynamics of this developmental stage,as well as challenging behaviour and the handling of this.
7 May 2009
Topic: Dealing with Children with Grief: Practical Strategies
Guest Speaker: Ms L Karp
Ms Licia Karp is a Clinical Social Worker working at the Division of Child and Adolescent Psychiatry under the auspices of The Red Cross Children’s War Memorial Hospital and the University of Cape Town. She has vast experience in dealing with children in all spheres, specifically in dealing with psychiatric outpatient referrals. She works with children, adolescents and families in the palliation and grief stages. Ms Karp presented a study group on working with the child suffering from grief.
5 November 2009
Topic: Dealing with Children with Challenging Behaviour
Guest Speaker: Sister Marita Greeff
Sr Marita Greeff is a nurse at the Child and Adolescent Unit at Tygerberg Hospital who specializes in children presenting with challenging behaviour. She will be presenting a study group on practically dealing with children presenting with difficult behaviour.
FULL DAY WORKSHOP:
In addition to the three study groups, the Association also hosted an one-day multi-disciplinary workshop.
20 August 2009
Topic: Working with Children in the Autistic Spectrum: Challenges Facing Professionals
Presented by Ms Jana Forrester, an Educational Psychologist working at Vera School for Children with Autism.
The workshop was:
- Relevant for all role players in working with children – ranging from educators to social workers.
- CPD-accredited (for social workers)
- At the TygerBear Centre, Tygerberg Hospital, Cape Town
- R400.00 per member / R500.00 per non-member
TERUGBLIK OP 2009
'n Terugblik op 2009 bied 'n weerspieëling van die harde werk wat deur die Bestuur van 2009 gedoen is. Die volgende is bereik gedurende 2009:
- Alle aktiwiteite van die Vereniging is vir CPD’s vir Maatskaplike Werkers geakkrediteer en het bygedra tot die opkoms van meer besoekers en lede tydens byeenkomste.'n Kwessie wat wel aandag sal moet geniet, is die akkreditasie vir CPD’s vir Sielkundiges. Weens die hoë kostes daaraan verbonde, was dit nie hierdie jaar geakkrediteer nie.
- Die gemiddelde bywoning per byeenkoms het gestyg vanaf 50 na 80 tot 90 mense per byeenkoms.
- Bemarking van die Vereniging en die aktiwiteite wat aangebied word, het verbeter. Daar word met elke geleentheid in vier koerante (Distrikspos, Paarlpos, Eikestad Nuus en Tygerburger) geadverteer. Benewens dit, word elke OBOS per faks ingelig, asook meeste LSEN-skole.
- Die finansiële beeld van die Vereniging het verbeter. Die saldo het vanaf R35 720.26 (12 September 2008 se saldo) na R43 550.01 (2 November 2009 se saldo) die afgelope jaar gestyg. Gedurende die drie jaar-termyn waar ek as Voorsitter gedien het, het die saldo vanaf R750 (Oktober 2006) na R43 550.01 gestyg.
- Vir die eerste keer in die Vereniging se geskiedenis, is fondse sterk genoem om 'n Geldmarkrekening te kon open in 'n poging om geld te spaar waarop rente verdien kan word. Die verdeling van die saldo kan dus gedoen word volgens die Transmissie-rekening (R7604.49) en die Geldmarkrekening (R35 945.52).
- 'n Sterker databasis is daargestel om te verseker dat lede se besonderhede resent en opgedateer is.
- Vir die eerste maal in die Vereniging se geskiedenis, word voordele aan lede verskaf. Lede het gedurende 2009 'n eenmalige bedrag betaal en kon studiegroepe vir die jaar bywoon. Die herhaaldelike betaling per studiegroep is afgeskaf. Lede het ook afslag ontvang by die werkswinkel.
- Die Bestuur werk teen geen vergoeding nie en vir die eerste maal kon die Vereniging die petrolonkoste van die Bestuur dek as daar na amptelike aktiwiteite (studiegroep, werkswinkel, Bestuurvergaderings) gery word.
- Die webblad van die Vereniging is in werking en kry gereeld besoekers. Die inligting op die webblad word gereeld opgedateer en verskeie navrae vanaf die webblad word deur die Voorsitter hanteer. Foto's van elke studiegroep en werkswinkel word geneem en op die webblad geplaas, in 'n poging om dit meer gebruikersvriendelik en toeganklik te maak.
- Die webblad van die Vereniging word verbind met ander webbladsye – die Spelterapie Vereniging van Namibie, asook die Hugenote Kollege.
- Die Reglement van die Vereniging word jaarliks hersien.
- Skakeling met UK Spelterapie Vereniging het reeds geskied rondom moontlike samewerking.
- Onderhandelinge met die Beroepsraad vir die registrasie van Spelterapie as 'n registrasiekategorie is in volle swang. Alhoewel dit een van die funksies van die Voorsitter was, is dit gedurende 2009 aan die Insituut vir Kinder-, Jeug- en Familiestudies oorhandig en word dit vanuit die Instituut gekoördineer.
VISION FOR 2010
In addition to what has been achieved, the following can be envisioned for 2010:
- Spreading the Association's wings a bit more to becoming a National Association. The relationship with UK Play Therapy can be enhanced and developed;
- Aiming to provide more privileges to current members;
- Aiming to be able to register for CPD's for Psychologists for all events. The rest of the categories (OT's, etc) can be further explored as most of the Council's have been developing in terms of CPD's.
SLOT
In retrospek, is voldoen aan al die doelwitte wat in die Grondwet gestipuleer word.
'n Ongelooflike groot dankie aan die Bestuur van 2009 – dit was lekker om saam met julle te werk en om te sien hoe die Vereniging daarby baat vind. Dankie vir elkeen se bereidwilligheid, deursettingsvermoë en altyd-beskikbaarheid. Ek kon op elkeen van jul se knoppie druk ter enige tyd en jul sou n’ plan beraam. Baie dankie hiervoor.
Dankie vir elke persoon wat die afgelope jaar 'n bydrae gelewer het - net deur op te daag vir studiegroepe of werkswinkels is 'n verskil gemaak.
Dankie vir die groot voorreg om vanaf 2007 - 2009 as Voorsitter te kon dien. Baie sterkte aan die nuwe Voorsitter en die nuwe Bestuur – mag 2010 vir jul 'n droomjaar wees!!
Vriendelike groete
Dr Munita Dunn
VOORSITTER / CHAIR PERSON
Back to top / Terug na bo
|